This material has been copied under Dalro and is not for resale or retransmission
Maak paaie vir fietsryers veilig
Paarl Post - 12 Feb 2026
Redaksionele kommentaar Pawl Post Maak paaie vir fietsryers veilig Padveiligheid onder fietsryers is weer onder die vergrootglas nadat vyf fietsryers vroeer in Februarie in een week in die Goudstad oorlede is. Hoewel die oorsaak van twee van die vyf se dood nog vasgestel moet word, is bevestig dat die ander drie op hul fietse omgery is. Dieselfde tragedie het horn twee maande gelede in Worcester afgespeel toe die sakeman Francois Esterhuizen 55 op 13 Desember op die R43Villiersdorppad van sy fiets af gery is en gesterf het. Plaaslik is Matt Botha 16 verlede maand op 19 Desember dood nadat hy ook op sy fiets omgery is. Die naweek het die pa van 'n bekende plaaslike fietsryer 'n inskrywing op sosiale media geplaas oor 'n voorval wat so vinnig ook 'n tragiese wending sou. kon neem. Die fietsryer moes 'n splitsekondebesluit neem toe 'n roekelose bestuurder 'n soliede lyn oorgesteek en horn in 'n sloot gedwing het om 'n botsing te vermy. Oor die jare het organisasies soos Stay Wider of the Rider bewusmakingsveldtogte gedoen om die probleem die hoof te bied en mense te maan om nie te naby aan fietsryers te ry nie. Groot groepe fietsryers word gewoonlik deur 'n ondersteuningsvoertuig begelei juis vir beter sigbaarheid. Tog ry fietsryers daagliks met vrees op hoofpaaie. Dorpe soos SomersetWes het al inisiatiewe van stapel gestuur om bane uitsluitlik vir fietsryers te skep. Met die groot fietsrykultuur in die Paarl en omliggende Bolandse dorpe is dit dalk tyd vir die owerhede om ook op plaaslike bodem planne te beraam om voorkeur aan padveiligheid vir fietsryers te gee.
p.8: Height: 191mm, Width: 69mm