This material has been copied under Dalro and is not for resale or retransmission
Offisier wat fietsryer glo stamp en wegry kry borgtog
Die Burger (Suid Kaap) - 28 Dec 2023
Offisier wat fietsryer giro stamp en wegry kry borgtog Garth Ronald Pasha, die beskuldigde. Foto: FACEBOOK GARTH PASHA Dewald van der Westhuizen en Mike Moriarty vroeer. Foto: VERSKAF Jana Breytenbach 'n Offisier van die vloot wat 'n paar dae voor Kersfees na bewering dronk was en in twee fietsryers vasgejaag en toe van die ongelukstoneel weggery het, is op borgtog vrygelaat. Garth Ronald Pasha 27 het gister in die landdroshof in Simonstad op aanklagte van p0ging tot moord, roekelose en nalatige bestuur asook dronkbestuur verskyn. Lt.kdr. Nombuso Mhlongo, woordvoerder van die SuidAfrikaanse Vloot, het bevestig Pasha is 'n lid van die vloot en woon by die Simonstadbasis. Pasha het na bewering verlede Donderdag omstreeks 05:00 op die kuspad in Gleneairn in Dewald van der Westhuizen 26 en Mike Moriarty vasgejaag. Moriarty is 'n driekampafrigter wat al 25 jaar lank atlete afrig. Hy rig ook vir Van der Westhui zen af en hulle het die oggend geoefen. Die gewone roete waarop hul le oefen, was gesluit weens die brande in Simonstad en hulle moes hul roete aanpas en het van Gleneairn in die rigting van Vishoek gery. Moriarty het kort nadat hulle weggetrek het 'n voertuig agter hulle gehoor. "Ek kon hoor die voertuig ry vinnig en toe hoor ek 'n harde slag. "Ek het op die grond geval en toe ek opkyk, sien ek 'n erg geskokte Dewald. Sy been was weg en ek was bang hy verloor te veel bloed." Moriarty het opgestaan en om hulp geroep en toe opgemerk die voertuig hou sowat 200 m verder stil. Volgens horn het iemand uit geklim, vir hulle gekyk, teruggeklim in die kar en toe weggery. 'n Polisievoertuig het ook glo verbygery sonder om te help. 'n Nooddienswerker het later die dag 'n voertuig op 'n parkeerterrein van 'n gimnasium in Vishoek gewaar waarvan die voorste linkerlig beskadig was. Een van die kantspieeltjies was ook weg en die polisie is daarvan ingelig. Pasha is op die parkeerterrein in hegtenis geneem en was tot gister in aanhouding. Hoewel die staat sy aansoek om borgtog weens die erns van die saak teengestaan het, is hy borgtog van R5 000 toegestaan. Hy moes ook sy rybewys han gende die uitkoms van die saak indien en mag nie bestuur nie. Robert Gouverneur, Van der Westhuizen se pa, Moriarty en Liz Heydra, veldtogbestuurder van Stay Wider of the Rider, het die saak bygewoon om Van der Westhuizen in sy afwesigheid te ondersteun. Vroeer is berig sy been is vergruis en volgens Heydra sal hy mOre 'n derde operasie ondergaan. Die voertuig waarin Pasha gery het, behoort na bewering aan 'n vriendin. Navrae oor of die vloot teen Pasha gaan optree is teen druktyd nog nie beantwoord nie. Hy moet weer in Februarie in die hof verskyn.
p.4: Height: 108mm, Width: 385mm