This material has been copied under Dalro and is not for resale or retransmission
Man wat fietsryer glo doodry, kry borgtog
Die Burger (Suid Kaap) - 19 Dec 2025
Die skade aan die voorruit van die voertuig wat !dries Sheriff getref het, is duidelik te sien. Foto: FACEBOOK Man wat fietsryer glo doodly, kry borgtog !dries Sheriff het die foto verlede week op sy Facebookblad gelaai. Pegs: Francois Esterhuizen 55 Borgtog van R15 000 is Woensdag in die landdroshof in Kaapstad toegestaan aan die vermeende dronk bestuurder wat Idries Sheriff 41 glo doodgery het, ondanks teenstand deur die premier van die WesKaap en 'n groot groep fietsryers wat buite die hof betoog het. Sheriff, wat saam met Lisa Hofmann, 'n vriendin, op 'n oggendfietsrit na Chapmanspiek op pad was, is Dinsdag kort voor 07:00 deur 'n blou BMW in Victoriaweg in Kampsbaai getref. Die 27jarige Bongani Mthethwa is op die toneel in hegtenis geneem. Die Pedal Power Association PPA se by navraag hy is "woedend" oor die "tragiese botsing wat die lewe van Idries Sheriff onnodig geeis het". Volgens die Facebookblad Stay Wider of the Rider, 'n veldtog wat deur die PPA begin is, het die beskuldigde Woensdag op aanklagte van strafbare manslag, roekelose bestuur en dronkbestuur in die landdroshof in Kaapstad verskyn. Hy is op borgtog van R15 000 vrygelaat. Neil Robinson, hoof van die PPA, se by navraag hulle hoop die beskuldigde kry 'n "toepasli ke straf wat die regte boodskap stuur aan voornemende wetsoortreders op ons paaie". "By te veel geleenthede kom oortreders te lig weg." Die PPA het die fietsryers bedank wat Woensdag by die landdroshof opgedaag het. Die PPA hoop fietsryers sal ook voortgaan om hul boodskap te versterk, wat lui: "Gehoorsaam die padreels, altyd." Robinson meen die kwessie waarmee SuidAfrika worstel, is sistemies. "Om fietsryers veilig te maak, moet ons die hele samelewing veilig maak." Alan Winde, premier van die WesKaap, het Woensdagoggend op sy Facebookblad geskryf: "Dankie aan die fietsryers en die Pedal Power Association wat vandag uitgekom het om in solidariteit met die familie van Idries Sheriff te staan. Ons eis dat geen borgtog toegestaan word nie en spoedige geregtigheld." Die saak is uitgestel tot 22 April volgende jaar vir verdere ondersoek. Die PPA se hy sal ook 'n prokureur aanstel om die hofsaak dop te hon. Die Burger het vroeer ook berig oor Francois Esterhuizen 55 , eienaar van Manic Cycles in Worcester, wat Saterdagoggend omstreeks 07:00 op die R43 van agter deur 'n voertuig doodgery is. Esterhuizen, 'n bekende in fietsrykringe, het alleen die betrokke oggend gaan fietsry. 'n Saak van strafbare manslag word ondersoek. Die verdagte, wat van die toneel gevlug het, is nog nie in hegtenis geneem nie. carl.thomas@media24.com Carl Thomas
p.5: Height: 328mm, Width: 159mm