More..
0 3 mypressoffice Target Media Adclip
This material has been copied under Dalro and is not for resale or retransmission

Skenking help fietsry-kultuur bou

Eikestadnuus - 30 Oct 2025

Switch View: Text | Image | PDF

Skenking help fietsrykultuur bou w.westerncape. www.face k.com apeGovernment ‘111 Van links is Jan Scannell Prochorus , Isaac Sileku die WesKaapse minister van mobiliteit , Rodney April Hillsidebuurtwag , Greg Jaftha Juffernbrughbuurtwag , Yumna GihwalaSalie departement van mobiliteit , Dorothea Albanie Metodistekerk Wellington en Karel Dumpies Angels of Hope . Foto's: Yael Malgas Yael Malgas Danksy skenking van splinternuwe fietse sal plaaslike buurtwagte nou makliker patrollies doen en Mlle kinders sal op fietse en uit the strate bly. As deel van mobiliteitsmaand het die WesKaapse departement van mobiliteit, die Bicycle Empowering Network BEN en Pedal Power Association SA verlede Saterdag 25 Oktober altesaam 44 fietse aan gemeenskapslede by die Idasvalleisportterrein oorhandig. Volgens Rodney April van die Hillsidebuurtwag sal die fietse die vrywilligers help om 'n groter omgewing te patrolleer. "Dit sal ook beteken ons kan vinniger reageer indien inwoners ons van gebeure in die buurt verwittig. Die fietse sal ons help om as meer professioneel beskou te word," meen April. Die Juffernbruchbuurtwag het ook fietse ontvang. Die jong fietsryers van die Prochorusgemeenskapsontwikkelingspan het nou ook meer rygoed om die roetes in Jonkershoek mee aan te pak. Die Idasvalleigemeenskapsroetes, die Wellingtonse Angels of Hopegemeenskapsontwikkelingsorganisasie en die Metodistekerk in Wellington het by navraag gese die fietse sal gewis 'n aanwins wees. Isaac Sileku, die WesKaapse minister vir mobiliteit, se sy departement se fokus is nie net openbare vervoer nie, maar ook niegemotoriseerde vervoer. "Ons probeer om deur die provinsiale volhoubarevervoerprogram om mobiliteit vir almal toeganklik en volhoubaar te maak. Dit beteken ook stap en fietsry, wat nie net goedkoop is nie, maar ons ook fiks hou. Ons is oortuig dat fietsry vir almal is, en ons is dankbaar dat dit hier in Stellenbosch kan wees, want hier is reeds infrastruktuur wat die begunstigdes sal help om veiliger te kan fietsry en die kwessie van verkeersprobleme die hoof te bled. Mense moet dus gewoond raak aan fietsry." Rdl. Reginald Pheiffer stem saam en meen dit is goed om 'n kultuur van fietsry onder veral jongmense te vestig. Hy se dit werk nie om infrastruktuur vir fietryers te skep as die gemeenskap nie fietse as alternatiewe of voorkeurmetode vir vervoer sien nie. Die fietsryers kon ook hul fietse danksy BEN na hal voorkeur laat verander. Dylan Victor het by die oorhandiging met toertjies op sy spesiale fiets vermaak. Dylan Victor van Cycle for Life wys die afgelope Saterdag 25 Oktober van sytoertjies op sy fiets.

p.2: Height: 184mm, Width: 271mm
Copyright © 2025 Gate5.