This material has been copied under Dalro and is not for resale or retransmission
2 fietsryers in Eikestad aangeval
Die Burger (Kaap), Saterdag - 16 Aug 2025
2 fietsryers in Eikestad aangeval Carl Thomas Die Stellenbosse gebiede van Khayamandi en Cloetesville is amptelik deur die Pedal Power Association PPA as brandpunte geklassifiseer nadat twee fietsryers Donderdag kort p.a mekaar met klippe bestook en van hul fietse en besittings beroof is. Albei fietsryers was mans en het alleen gery, het Neil Robinson, PPAhoof, gister gese. Luidens 'n inskrywing op Facebook het die eerste voorval rondom die middaguur gebeur en die tweede omstreeks 12:45. Die eerste fietsryer is langs die R304 naby Khayamandi aangeval en die tweede in die omgewing van die Cloetesvillegemeenskapspark. Albei is deur twee jong mans met klippe aangeval en van hul fietse beroof. Na gelang van die voorvalle, asook vorige voorvalle, is die gebiede nou deur die PPA as brandpunte geklassifiseer. Volgens Robinson was verskillende verdagtes in die twee voorvalle betrokke. Hy se hulle is in gesprek met plaaslike owerhede en ingrypings is op pad. "Patrollies gaan gehou word en kameras sal geInstalleer word, maar dit gaan tyd neem." Robinson se die PPA het 'n toename in voorvalle in die Stellenboschgebied bespeur en voeg by dat hoewel hy verstaan dat daar verskeie maatskaplike euwels in SuidAfrika is, word die aanvalle al hoe meer skaamteloos. Die feit dat mense wat misdade teen fietsryers pleeg ook ligtelik of skotvry daarvan afkom, dra by tot die probleem, voeg Robinson by. Die Burger het na een van die slagoffers uitgereik, maar hy wou nie met die media praat nie. Hy het wel aangedui dat hy nie 'n saak aanhangig gemaak het nie. cart.thomas@media24.com
p.4: Height: 127mm, Width: 108mm