More..
0 3 mypressoffice Target Media Adclip
This material has been copied under Dalro and is not for resale or retransmission

Spookfiets opgerig na fietsryer se dood

Die Burger (Suid Kaap) - 4 Aug 2025

Switch View: Text | Image | PDF

Spookfiets opgerig na fietsryer se dood III , , _ . I., .1 f,"fr. = 'n Spookfiets is gister op die hoek van D.F. Malanstraat en Nelson Mandelaboulevard opgerig ter nagedagtenis aan Dennis Hammar wat verlede Sondag naby die toneel in Kaapstad, in die omgewing van FW de Klerkboulevard, aangeval en beroof is. Hammar is Dinsdagaand in die hospitaal oorlede. Foto: THEO JEPTHA Carl Thomas 'n Spookfiets is gisteroggend opgerig naby die toneel in FW de Klerkboulevard in Kaapstad waar 'n 76jarige fietsryer 'n week gelede vir sy selfoon aangeval en dae daarna in die hospitaal oorlede is. Dennis Hammar van Bantrybaai, Kaapstad, het verlede Sondag alleen fietsgery toe die voorval omstreeks 10:00 op die N1snelweg naby FW de Klerkboulevard gebeur. Die aanvaller het Hammar met 'n glasbottel aangerand en horn hard van sy fiets gestamp, waarna hy die sypaadjie getref het. Die aanvaller is weg met Hammar se foon. Hammar, wat frakture aan sy skouerblad en heup asook inwendige beserings opgedoen het, is Dinsdagaand in die Chris Barnardgedenkhospitaal oorlede. Die Club 100fietsryklub, waarvan Hammar al sedert die begin 'n lid is, en die Pedal Power Association het gisteroggend se geleentheid gereel. Die spookfiets is by die verkeerslig op die hoek van D.F. Malanstraat en Nelson Mandelaboulevard opgerig. 'n Groot groep van sowat 120 fietsryers het van Constantia tot by die toneel gery om die geleentheid by te woon. Sharon Hammar 70 , Hammar se vrou, het almal gisteroggend by die toneel bedank dat hulle opgedaag het om saam te staan "teen misdaad in Kaapstad na die sinnelose en wrede aanval" op haar man. Sharon is deur haar familie en vriende bygestaan. Hulle het almal fietsryklere of iets aangehad "wat Dennis altyd met trots gedra het". Sharon het gevra dat almal moet saamstaan "in Dennis se naam" en die plaag van misdaad uitroei. Sy het met 'n swaar gemoed haar wyle man beskryf as "ongelooflik spesiaal, nederig, sorgsaam, toegewyd, liefdevol en respekvol". Sy spot behalwe vir haarself en sy familie, het Hammar se "kosbare Colnago" 'n belangri ke gedeelte van sy hart opgeneem "en moes ek soms 'n bietjie meeding met daai fiets". "Hy het jare lank dieselfde fiets gehad en was vasbeslote om nie na 'n elektriese fiets oor te skakel nie al het so baie van sy medefietsryers dit gedoen." In November verlede jaar, het sy vertel, was Hammar in 'n trefentrapongeluk in Paardeneiland betrokke. Hy is erg beseer en het harsingskudding opgedoen. Tot vandag toe, voeg Sharon by, is niemand weens daardie voorval vasgetrek nie. Sharon, wat as oefenspesialis werk, het haar man gedokter en hy kon toe aan sy 41ste Kaapstadfietstoer agtereenvolgens deelneem. Sy se haar familie glo as jy wil he iemand se siel moet opstyg en in vrede rus, is die beste ding wat jy kan doen om elke dag 'n goeie daad in daardie persoon se naam te doen. "Wat julle almal vandag doen, help Dennis om op te styg en 'n engel te wees wat oor ons almal sal waak soos ons ry." Ian McMahon, wyksraadslid, het ook die geleentheid bygewoon. Hy het in sy toespraak genoem van die vergaderings wat gehou is om die aanvalle in Woodstock by LaerKerkstraat die hoof te bied, maar non gebeur dieselfde aanvalle ook nader in die hartjie van die stad. Met verwysing na die meer as 400 grondbesetters in die omgewing het hy gese "daar moet ontslae geraak word van die mense". McMahon se Transnet het reeds 'n uitsettingsbevel op 7 Julie aan besetters in Woodstock bedien. "Namens die stad se ek jammer vir wat gebeur het." Dennis is gister begrawe. cart.thomas@media24.com

p.4: Height: 189mm, Width: 267mm
Copyright © 2025 Gate5.