More..
0 3 mypressoffice Target Media Adclip
This material has been copied under Dalro and is not for resale or retransmission

Kaapse fietsryer 76 sterf na aanranding

Die Burger (Kaap) - 1 Aug 2025

Switch View: Text | Image | PDF

Kaapse fietsryer 76 sterf na aanranding Carl Thomas 'n Kranige veteraanfietsryer van Bantrybaai, Kaapstad, is dood nadat hy Sondag in die Kaapse sentrale sakegebied op sy fiets met 'n bottel aangerand en van sy selfoon beroof is. Dennis Hammar 76 , wat 'n lid van Club 100 was, is Dinsdag weens komplikasies na 'n operasie in die Christiaan Barnardgedenkhospitaal oorlede. Kapt. Frederick van Wyk, polisiewoordvoerder, het bevestig die polisie ondersoek 'n voorval van roof nadat Hammar omstreeks 10:00 van sy fiets afgestamp is. Die voorval het op die N1snelweg naby FW de Klerkboulevard plaasgevind. Luidens berigte het Hammar van Paardeneiland af op die N1snelweg gery waar dit by FW de Klerkboulevard aansluit toe 'n onbekende man hom van sy selfoon beroof het. Die man het weggehardloop. Van Wyk se Hammar is hospitaal toe geneem en die polisie is Dinsdag net na. 23:00 van sy dood ingelig. 'n Lykskouing sal gedoen word om die oorsaak van sy dood te bepaal en 'n geregtelike doodsondersoek sal gedoen word. Lester Aderem, 'n goeie vriend van Hammar, se sy vriend het Sondag besluit om alleen te gaan fietsry. Hy is met 'n glasbottel geslaan en van sy fiets afgestamp. Hy het teen die sypaadjie geval en die rower is weg met sy selfoon. Hammar het sy heup en skouerblad gebreek en verskeie skaafplekke gehad weens die val. Hy is in die Mediclinic in Gardens opgeneem en is later na die Christiaan Barnardgedenkhospitaal oorgeplaas. Hy is Maandag geopereer omdat dokters gedink het daar het moontlik 'n bloedklont in sy been gevorm. Dit blyk volgens Aderem dat daar komplikasies was na die operasie wat tot hartstilstand gelei het. Aderem was in Mauritius, waar hy steeds is, toe hy uitvind van sy vriend se afsterwe. Hy se hy is platgeslaan en beskryf Hammar as "die wonderlikste man wat jy ooit sal ontmoet". Hammar was 'n ingenieur wat sy eie besigheid besit het. "Sy kinders is almal 'n lewende voorbeeld van hom. Al vier woon oorsee in verskillende lande. "Dennis was ongelooflik bedagsaam. Hy het hom altyd oor ander ontferm en het my geleer om altyd verhoudinge, of dit met vriende of familie is, te waardeer." Craig Sedras, voormalige voorsitter van die Club 100fietsryklub in Kaapstad, se Hammar is al 'n lid sedert die klub gestig is. Dennis Hammar. Foto: FACEBOOK STAY WIDER OF THE RIDER Die klub is nou al sowat 30 jaar oud. Hammar, wat ook die tesourier was, is as erelid aangewys vanwee sy lang verbintenis met die klub. Sedras se hulle probeer altyd bewustheid skep, in samewerking met die Pedal Power Association PPA , van die risiko's vir fietsryers. Sedras het ook Woodstock genoem en gese fietsryers word veral by die brug geteiken. "Ons is woedend oor al die aanvalle. Ek het self aanmekaar gese iemand gaan nog sterf of dit nou die fietsryer of die aanvaller is en kyk nou." Sedras se Hammar was 'n "sagte ou" wat nooit 'n skewe woord oor enigiemand te se ge had het nie. "Hy het altyd 'n glimlag op sy gesig gehad en die jonger lede van die klub aangemoedig. Almal het groot respek vir hom gehad." Sedras vra dat daar ernstig opgetree moet word teen die haweloses in Kaapstad wat fietsryers aanval, veral in die Woodstockgebied. Neil Robinson, hoof van die PPA, se aanvalle op fietsryers is 'n voortdurende probleem. Hy se die PPA is in gesprek met verskeie belanghebbendes om sekere gebiede veiliger te maak. Die ingrypings tot dusver was egter nie heeltemal suksesvol nie. "Almal doen hul bes met die hulpbronne wat tans beskikbaar is," se Robinson. JP Smith, Kaapstadmetro se burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekuriteit, se Transnet is die eienaar van die onwettig besette grond aangrensend aan LaerKerkstraat in Woodstock wat 'n onveilige gebied vir fietsryers is. Volgens Smith het Transnet 'n uitsettingsproses begin en kennisgewings is op 7 Julie deur die balju bedien. Smith se ook wetstoepassing, metropolisie en verkeersdienste werk saam met die Woodstockpolisie om die gebied te patrolleer. Hy se die Kaapstadmetro het in Januarie 'n maand lange operasie uitgevoer om die rooftogte aan te pak. Transnet het bevestig hy het met die proses begin om 'n uitsettingsbevel te kry vir mense wat die Culemborgdistrik in di Kaapse hawe onwettig beset. Di is naby hierdie gebied waar Hammar aangeval is. Die uitsettingskennisgewing sal bedien word 14 dae voor die hofuitspraak, wat na verwagtinl op 6 Augustus 2025 gelewer word, in samewerking met alle belanghebbendes. In ooreenstemming met Tram net se planne vir die ontwikkelingsraamwerk vir die hawe is die gebied vir ontwikkeling geoormerk. Robinson doen 'n beroep op fietsryers om altyd in groepe te ry en waar moontlik onveilige gebiede te vermy. "Ons woon in 'n baie gevaarli ke land met maatskaplike kwessies wat baie van ons nie verstaan nie. Daar was onlangs ook voorvalle van aanranding in Cloetesville en Johannesburg. Asseblief, wees waaksaam en bl veilig." Hammar se begrafnisreelings moet nog gefinaliseer word. Die polisie vra dat enigieman met inligting oor die voorval di Stop Misdaadnommer, 08600 10111, sal skakel. carl.thomas@media24.com

p.7: Height: 183mm, Width: 271mm
Copyright © 2025 Gate5.