More..
0 3 mypressoffice Target Media Adclip
This material has been copied under Dalro and is not for resale or retransmission

'Wetteloosheid raak almal in Suid Afrika'

Die Burger (Suid Kaap) - 16 Apr 2025

Switch View: Text | Image | PDF

VROU GEIDENTIFISEER NA BANTRYBAAIONGELUK 'Weitteloosheici ratalt alma! in StliclAfriltal7 Carl Thomas Zelmarie Nel 37 Foto: BACKABUDDY Die vrou wat sowat 30 m by 'n afgrond in Bantrybaai afgeslinger is toe 'n beweerde dronkbestuurder haar en 'n medeatleet tref, is as Zelmarie Nel 37 geidentifiseer. Nel en die manlike atleet is op Sondag 30 Maart getref toe hulle besig was om in Victoriaweg vir die Twee Oseanehalfmarathon te oefen. Senzo Mantyi 24 is in hegtenis geneem op 'n klag van bestuur onder die invloed van drank en roekelose en nalatige bestuur. Hy is die Dinsdag na die voorval borgtog van R3 000 in die landdroshof in Kaapstad toegestaan. Die staat het toe gese Mantyi word voorlopig egter net van roekelose en nalatige bestuur aangekla. Die ander aanklag kan bygevoeg word sodra die uitslae van sy bloedtoetse ontyang is. Daar is vroeer berig die ongeluk het omstreeks 07:40 gebeur. Die vrou is oor 'n muurtjie langs die pad geslinger en het ongeveer 30 m verder na onder te lande gekom. Sy moes op 'n draagbaar met 'n tou opgehys word en is na die Christiaan Barnardgedenkhospitaal geneem. Die ander drawwer wat getref is, is langs die muur gevind. By is op die toneel behandel en na 'n hospitaal geneem. Die man, wat nog onbekend is, is wel reeds ontslaan. Volgens 'n Facebookprofiel is Nel 'n wetenskaplike. Die familie skryf ook op hul Recovery for Zelmarieveldtog Senzo Mantyi op BackaBuddy dat hulle "bewustheid en ondersteuning" wil skep vir Nel wat nog besig is om te herstel na. 'n "verwoestende voetgangerongeluk wat deur 'n dronkbestuurder veroorsaak is". Luidens die plasing het die ongeluk tot beserings gelei wat verskeie operasies geverg het. 'n Uitgebreide herstelproses 16 vir Nel voor, insluitend hulp met stap, verskeie ortopedies ondersteunende toerusting en opvolgbesoeke aan dokters. Die plasing lui dat Nel "selfonderhoudend" is en tans nie 'n inkomste kan genereer nie. Teen gister omstreeks 10:30 het die familie al ongeveer Die motor wat Senzo Mantyi na bewering bestuur het. R16 000 van hul R30 000doelwit ingesamel. Mark, wat net op sy voornaam geidentifiseer wil word, het voorheen aan Die Burger gese Nel en die manlike drawwer was deel van sy groep van sowat 25 drawwers wat daardie Sondag almal hul laaste oefening vir die halfmarathon wou inkry. Hulle het van Seepunt na Kampsbaai gedraf. Die voorval het op pad na Kampsbaai gebeur. "Dit is voorwaar 'n wonderwerk dat die vrou leef," het Mark voorheen gese. Volgens kringtelevisiebeeldmateriaal kan gesien word hoe Nel voor hardloop, met die manlike drawwer kort op haar hakke. Die voertuig kom dan net skielik aangery en tref eerste vir Nel, wat deur die lug oor die afgrond geslinger word, en toe die manlike atleet, wat ook geslinger is, maar aan die rand van die muurtjie kon vashou en homself oortrek. Neil Robinson, hoof van die Pedal Power Association, het by navraag gese die "wetteloosheld en baie swak bestuursvermo6 van sommige motorvoertuigbestuurders oor SuidAfrika heen raak almal". Robinson se baie fietsryers en drawwers is gewoonlik soggens vroeg op die pad om te oefen. "Hulle word gereeld deur voertuie gekonfronteer wat buite beheer is bestuurders wat te vinnig ry, Of dronk is Of nie hul rybewys het nie. Die roekeloosheid op ons paaie is regtig ongelooflik." Robinson se die probleem is dat diegene wat die wet oortree, nie aan die pen ry nie. "Dit is onaanvaarbaar. Ons kan nie voortgaan met hierdie byna moorddadige gedrag op die paaie nie." Robinson doen 'n beroep op drawwers en fietsryers en wie ook al die paaie gebruik, om wetsgehoorsaam te wees, want "dit neem twee om te tango". Hy vra ook dat mense altyd binne die spoedgrens bly. "Dit is die wet en ons moet die wet in hierdie land gehoorsaam." Na vele pogings was Nel se famine nog nie reg om gister met Die Burger te praat nie. Die saak teen Mantyi is tot 20 Junie vir verdere ondersoek uitgestel. carlthomas@media24.com ,

p.4: Height: 262mm, Width: 269mm
Copyright © 2025 Gate5.