More..
0 3 mypressoffice Target Media Adclip
This material has been copied under Dalro and is not for resale or retransmission

Polisie stel operasionele plan teen misdaad in Woodstock bekend

Die Burger (Kaap), Saterdag - 1 Feb 2025

Switch View: Text | Image | PDF

Polisie stel operasionele plan teen misdaad in Woodstock bekend Keziah Bailey Na talle klagtes oor voorvalle waarin fietsryers en voetgangers beroof en beseer is, het die polisie in Woodstock 'n operasionele plan bekend gestel om die probleem aan te pak. 'n GeIntegreerde operasie tussen die polisie en ander wetstoepassingsagentskappe is gisteroggend by OnderKerkstraat en die N1hoofweg gehou, wat tot verskeie arrestasies gelei het. Luidens 'n verklaring deur die polisie is 18 ongedokumenteerde persone in die operasie gearresteer. Drie verdagtes is weens die besit van dwelms in hegtenis geneem en een weens die besit van 'n gevaarlike wapen. Die verdagtes sal Maandag in die landdroshof in Kaapstad verskyn. Die operasie sal voortgaan om misdaad in die gebied hok te slaan, lui die verklaring. "Ons doen 'n beroep op die publiek om veiligheidsmaatreels te implementeer, soos om waardevoile items uit sig te hou, in groepe te stap, bewus te wees van hul omgewing en alle misdadige aktiwiteite aan te meld," lui die verklaring. Die Facebookblad Stay Wider of the Rider het in 'n plasing op Facebook gese dat die polisie die gebied van 05:00 tot 08:00 patrolleer en weer van 16:00 tot 18:00 elke dag en het mense aangeraai om gedurende daardie tye fiets te ry. Neil Robinson, uitvoerende hoof van die Pedal Power Association, se hulle is baie dankbaar vir die polisie se operasie, waartydens verskeie arrestasies gemaak is.

p.6: Height: 123mm, Width: 114mm
Copyright © 2025 Gate5.