More..
0 3 mypressoffice Target Media Adclip
This material has been copied under Dalro and is not for resale or retransmission

Lorrie tref fietsryer: 'Veilige en meer inklusiewe ruimtes kort'

Die Burger (Kaap) - 30 Jan 2025

Switch View: Text | Image | PDF

Die toneel Saterdag in Hoofweg, Muizenberg. Foto: VERSKAF FIGHT AGAINST CRIME Lorrie tref fietsryer: Teilige en meer inklusiewe ruimtes kort' Carl Thomas 'n Fietsryer 56 is Saterdagoggend in Muizenberg dood toe hy moontlik in 'n oop motordeur vasgery, geval en deur 'n vragmotor raakgery is. Daar word ook bespiegel dat hy dalk vir die motordeur uitgeswaai en deur die vragmotor, wat in dieselfde rigting as hy gery het, getref is. Volgens die Facebookblad Stay Wider of the Rider het die oorledene 'n motordeur getref. By die Muizenbergpolisie se aankoms op die toneel in Hoofweg in die omgewing van St. James was paramedici besig om hulp aan die fietsryer te verleen, het AO Joseph Swartbooi, 'n polisiewoordvoerder, gese. Die pad is om 08:31 tussen Atlanticweg in Muizenberg en Clairvauxweg in Kalkbaai gesluit en om 10:46 oopgestel vir verkeer, se Maxine Bezuidenhout, woordvoerder van die Kaapstadmetro se verkeersdienste. Die man is op die toneel dood en 'n saak van strafbare manslag word ondersoek. Neil Robinson, hoof van die Pedal Power Association PPA , se hulle vra gereeld dat "veiliger en meer inklusiewe ruimtes" vir kwesbare padgebruikers soos fietsryers en voetgangers geskep word. Hulle werk saam met die regering aan 'n langtermynoplossing, maar besef "die gefrustreerde publiek" wil he dat daar onmiddellik opgetree word. "Ons werk aan 'n paar onmiddellike probleme en fietsryers neem reeds 'n paar klein oorwinnings in dele van die land waar. Ons beplan ook deurlopende inisiatiewe om van die kritieke gevaarfaktore te hanteer," se Robinson. Die PPA vra dat motoriste en fietsryers mekaar plek op die pad gun, veral in spitstye. Waar geen fietsrybane beskikbaar is nie, vra Robinson dat motoriste bedagsaam teenoor fietsryers optree. carl.thomas@media24.com

p.1: Height: 207mm, Width: 110mm
Copyright © 2025 Gate5.