More..
0 3 mypressoffice Target Media Adclip
This material has been copied under Dalro and is not for resale or retransmission

`Spookfiets' in Seepunt ter nagedagtenis aan jong ryer

Die Burger (Kaap), Saterdag - 29 Jun 2024

Switch View: Text | Image | PDF

‘Spookfiets' in Seepunt ter nagedagtenis aan jong ryer Carl Thomas 'n Wit "spookfiets" is ter nagedagtenis aan Calib de Kock 17 , wat dood is nadat hy op sy fiets in 'n oop motordeur vasgery het, in Seepunt staangemaak. "Dis 'n pragtige gebaar wat die oog tref en 'n mens herinner aan die lewe wat verlore is en dat ons te alle tye bedag moet wees op ander padgebruikers, veral fietsryers wat vinnig beweeg," se Graham Hector, wat Calib se af rigter by die Phoenixfietsryklub was. Calib, van Bonteheuwel, is kort na die ongeluk op 11 Junie in die Christiaan Barnardgedenkhospitaal dood. Die Burger het berig hy kon nie betyds uitswaai toe die motorbestuurder skielik sy deur in Kusweg oopmaak nie en het ernstige kopbeserings opgedoen. Calib was 'n talentvolle fietsryer wat verlede jaar sy Westelike Provinsiekleure verwerf het. Neil Robinson, hoof van die Pedal Power Association, het aan Die Burger gese die fiets met Calib se naam daarop is Sondag op die hoek van Oliver en Kusweg staangemaak. Volgens hom word hierdie fietse opgerig ter nagedagtenis aan 'n fietsryer wat in 'n ongeluk of weens misdaad dood is. Die fietse word gewoonlik wit geverf en by of naby die plek geplaas waar die voorval gebeur het. Calib se fiets is opgerig danksy die hulp van 'n anonieme fietsryer. Hector se Calib is op 22 Junie begrawe. Die lykswa het polisieen fietsrybegeleiding gehad vanaf Bonteheuwel tot by die Maitlandbegraafplaas, waar hy ter ruste gele is. Die Phoenixfietsryklub het op 16 Junie 'n roudiens vir Calib by die Killarneyrenbaan gehou. "Die verlies sal nooit verdwyn nie, maar die gedagte dat Calib dood is terwyl hy fietsgery het, sy gunstelingaktiwiteit wat hom vry laat voel en van 'n groot toekoms laat droom het, help om die pyn te verlig," se Hector. Robinson se die PPA het al landwyd verskeie spookfietse opgerig, insluitend sowat 10 in Kaapstad sedert 2014. "Die fietse word ongelukkig vinnig gesteel en vir skrootmetaal verkoop, veral as dit in 'n stil area is," se Robinson. Calib se familie wou nie kommentaar lewer nie. Die "spookfiets" wat ter nagedagtenis aan Calib de Kock 17 in Seepunt staan. Foto: THEO JEPTHA

p.7: Height: 77mm, Width: 385mm
Copyright © 2025 Gate5.