This material has been copied under Dalro and is not for resale or retransmission
Immigrasie-adviesraad na dekade weer op been
Die Burger (Kaap) - 2 Apr 2025
Immigrasieadviesraad na dekade weer op been Die minister van binnelandse sake het gister aangekondig dat die immigrasieadviesraad na meer as 'n dekade weer op die been gebring is. Die raad bestaan uit 13 lede. Dit sluit in vyf onafhanklike kundiges wat op grond van hul kennis, ervaring en betrokkenheid by immigrasiereg, beheer, beregting of toepassing gekies is; twee verteenwoordigers wat deur onderskeidelik die sake en arbeidsektor benoem is; en ses lede wat uit staatsdepartemente en entiteite aangestel is. Hulle is: Mavuso Msimang onafh.anklike voorsitter ; M Andreas Krensel onafhanklike ondervoorsitter ; Zahida Ebrahim onafhanklik ; II James Chapman onafhanklik ; III Stefanie de SaudeDarbandi onafhanklik ; Malose Phoko georganiseerde arbeidsektor ; Marisa Jacobs georganiseerde sakesektor ; Tommy Makhode direkteurgeneraal van binnelandse sake ; Yusuf Simons waarnemende adjunkdirekteurgeneraal vir immigrasiedienste van binnelandse sake ; Genl.maj. afgetree David Chilembe adjunkkommissaris vir opera sies: grensbestuursowerheid ; Shabeer Kahn rekenmeestergeneraal van die nasionale tesourie ; Aneme Malan adjunkdirekteurgeneraal vir toerismenavorsing, beleid en internasionale betrekkinge van die departement van toerisme ; Dr. Jacobus Schoeman adjunkdi rekteurgeneraal vir binnelandse in, telligensie van die Staatsveiligheids agentskap .
p.2: Height: 67mm, Width: 243mm